Header Image

Pierre (Spikkels) Jacobs

Ná skool was ek in die SA Vloot, waarna ek op Maties en Grootfontein-landboukollege gestudeer het voordat ek op Philippolis gaan boer het.

Trou. Vier dogters en vier kleinkinders. Was kaptein van Vrystaat se diepseehengelspan. Verwerf my vlieglisensie in 1990 en was voorsitter van SWD Rugby-unie se keurkomitee saam met die gewese Springbok-afrigter Heyneke Meyer.

Word gevra deur die Wêreldbank om die inkomste van ‘n Nigeriese kragverskaffer te help opstoot. Doen opleiding in kliëntediens.

Ek is reeds vir die afgelope 35 jaar perde-beoordelaar vir ses rasse en tree ook op as aankondiger op perdeskoue. Ek is die afgelope vyf jaar President van Philippolis se skou en was van 1980 tot 1985 voorsitter van die Hoërskool Philippolis se beheerraad.

Craft-bierbrouery is een van my stokperdjies.

< Back to our profiles