Header Image

Anecdotes

The Grey connection

My uncle was a student at Grey in the early 1900s, and my family’s connections in the Free State go back to the 1800s.  Several of my ancestors fought for the Boers and in fact one of them, called ‘Jakkals’ Segall saved General De Wet’s men by swimming a river to get reinforcements when they were surrounded by the Rooinekke.

A few years ago I took my son to Bloemfontein (he was born in Australia). When I made my booking at the Franklin View Guest House in Innes Avenue the proprietor emailed me back to ask a question. I responded and for some reason said that I was an Old Grey.  Almost immediately he replied with the word Stabilis.  It was my pleasure to meet up with Gustav Swanepoel the proprietor when we stayed there & I can highly recommend his establishment to anyone going to the reunion.  I was also totally blown away by the magnificent sports fields that Grey now has.

A quick reminisce.  I used to catch the bus from Grey to Bayswater after school.  The bus would stop at Eunice & Oranje Meisieskool. One day someone rang the bell just past Oranje, but did not get off.  The driver got angry and drove to the Bayswater police station.  Locking the door he fetched a konstabel.  The konstabel asked for two representatives from the students.  Two students went into the police station and it wasn’t long before they emerged with a very white-faced konstabel.

The representatives were Jan & Dolf Erasmus who had phoned their father the judge.  We laughed all the way home.

Cyril Shilanski

Toe ruik ek die Lucky Strike

My pa word verplaas van Pretoria Bloem toe af en my ma sê my ek gaan Grey toe. Oorlog, selfdood en moord gaan deur my kop want sien, ons was in 1964 se jare in Bethlehem en het elke jaar teen Grey verloor, vêr verloor. Ek het drie nefies op Grey gehad en dink jy hulle was nice met my? Regte Grey-windgatte!

Nou ja, later op skool kry jy ‘n bietjie meer breins en daai eerste dag toe oorlede Blackie (Kameel) Swart my om die nek val, toe ruik ek daai Lucky Strike. Nou ja, niks verder oor die redes hoekom ‘n skoolseun begin rook nie. Die ou Tuckshop – tuisteskepper vir vriende met ‘n gesamentlike band.

My twee jonger broers, Tjokkie en André (later genoem klein Tjokkie), was ook op Grey. Drie broers op Grey en met bietjie breëbors kan ek se al drie van ons het die wonderlike voorreg gehad om vir Grey se eerste rugbyspan te kon speel.

Dis al

Mac van der Merwe

The reunions are awe-inspiring!

I have been fortunate to have attended the last two reunions.  It is awe-inspiring to be back at our alma mater and join the Friday assembly and, of course, the dinner, which is a highlight and stays with one, making for great memories.

At the last reunion in 2013, we were privileged to attend the Cheetah versus Blue Bulls game in the Free State Stadium thanks to Lindsay Mould and Harold Verster. We were given first-class treatment!  It is so good to see our old school mates, and there is much reminiscing about our sports days and activities.  I am so looking forward to seeing all our classmates again!

Bryan Rothwell

Die feite oor die Cherries en die Peaches

Lyk vir my ons leef in die eindtye. Want so word drome oor die Cherries en die Peaches se ontstaan gedroom. Nou vir die feite

Ek het in 1967 (Std 9) in die derde span begin speel (die Peaches het toe nog nie bestaan nie, maar die toe reeds beroemde Cherries wel). Ek was in ekstase nadat ek vir Neels Wessels op flank uit die Cherries kon lig. Ek sou nou die kans kry om rooi veters deur my toks te ryg en saam met “die woeste groot ouens in matriek” te speel. Bly om te noem dat ek in my eerste wedstryd teen Tek twee drieë kon druk en Bees van Blerk agterna sy “tevredenheid” hiermee uitgespreek het ! .

Eers later in die seisoen het ek van die bestaan van die Peaches by Goose van As gehoor en dat hulle glo geel veters sou dra. Aan die einde van die seisoen het daar, eerste en eers, Cherrie-embleme so hier en daar op die broeke begin verskyn. Ek kan nie onthou dat ek toe reeds ‘n Peach-simbool gesien het nie.

Vat die feite van ‘n trotse Peach- en Cherrie-speler!

Hermann (Herrie) Leibbrandt

En dan was daar die Fruit Salads

Julle praat lekker oor die rugby. Die vierde span het ‘n paar games bekend gestaan as die Fruit Salads. Kan nie onthou of ons ooit regtig verloor her nie, veral tydens oefeninge teen die Peaches nie, met Travers, die coach, aan ons kant.

Een oefening het hy vir Gustav van As gesê hy is ‘n papbroek (dit was eintlik ‘n ander woord wat deesdae taboe is), toe Travies hom opline vir ‘n tackle en hy ook as losvoorspeler jou werklikwaar die bal wegskop met Travers wat in sy ore blaas. Travies se betrokkenheid by die derde- en vierde spanne was deel van sy oefening vir die Vrystaat. Wanneer iemand hom getackle het, het hy altyd sy Vrystaattrui uitgetrek, vir die ou gegooi en gesê sy ma moet dit was. Wonderlike herinneringe!

Xander Fenwick

Toe jaag die jonge Schalk met “Dyselingwekkende” spoed vir ‘n spietkop weg

Toe ek in 1960 by Grey aankom, is ek terstond vertel van die legendes, mites en misteries van Grey. Een daarvan was van die stoutste seun ooit op Grey. En sy naam was glo Schalk Dysel. Op tenger twaalfjarige ouderdom het Schalk alreeds ‘n vader geword: die vader van biking by Grey.

Dit het gebeur toe hy een oggend by die Laerskool Grey opgedaag het, al die pad van Tempe af, gehul in ‘n stofwolk en baie trots in die saal van ‘n bruin army Harley Davidson. Sy maats het ywerig gehelp om die ding op sy “side stand” te kry.

Toe Baf hom hieroor uitvra, was sy teenvraag:  “Maar, meneer, hoe moet ek anders by die skool kom?”  Baf was sprakeloos, kompleet met sy oop mond en al. Maar andere was wel spraaksaam en toe Schalk die middag Grey se noord-oostelike hekke verlaat, wag daar  ‘n man met die destydse swart uniform op hom. Hy het sulke lang wit handskoene aan en hy beweeg sy een hand, palm na bo, stadig op en af. Maar gelukkig ken Schalk daardie teken. Dit is die teken vir trap die petrol dieper en gee vet. Toe Schalk by hom verbyvlieg, toe was die man sprakeloos, kompleet met sy oop mond en al.

Schalk het ‘n goeie voorsprong op die loeiende sirene van die swart BMW-bike gehad. Die Pionier by Tempe se hek het in die Westelike Sahara geveg en hy kon maklik tussen vriend en vyand onderskei. Dit was immers sy werk.  ‘n Wapperende Grey-baadjie en ‘n Harley se brul was die teken van ‘n vriend en hy het die soliede staal sperboom dus vroegtydig gelig.

Met die gevegte in die Westelike Sahara nog vars in sy geheue, was ‘n man in ‘n swart uniform en ‘n Duitse BMW duidelik ‘n ontsnapte Nazi van iewers … en dus ‘n vyand. So het die Pionier altans later verduidelik en daarom kon hy ook nie verstaan waarom almal vir hom kwaad was nie. Want dit was die enigste rede waarom hy die sperboom van soliede staal vlak voor die neus van die volspoed aanstormende BMW laat sak het.

Hermann (“Herrie”) Leibbrandt

Brom-Brom Skool toe

Op die eerste koerantuitknipsel is Corky Locke, Theuns Steyn, Hein Streeter, Jackie Onderstahl, Jannie Marais, Arnold Crous (agter), Christo Streeter (met die wit helm), Gustav van As, wat soos ‘n meerkat kyk van agterop Pine Pienaar se bike, Blake Phillips (skuins agter my), Selwyn Garber en passassier(?), heel regs is ek nie seker nie maar dit lyk soos Nic du Toit as passassier. Party ouens was rugbysterre, ander het hulle tyd op motor bikes gemors.

Klasmaat-herinneringe

‘n Paar laerskool-klasmaats wat ek goed kan onthou:.

  • Tom Cronjé, die enigste een onder ons wat mooi kon skryf. Ons moes altyd na sy skrif kyk en só probeer skryf.
  • Fred van der Riet se swemstyl was ongekend en die gym-onnie, mnr. Aubrey (altyd in die kleinste speedo bekend aan vervaardigers), het ons laat staan en kyk terwyl Fred verbyswem om sy styl te demonstreer.
  • Bennie Williams, leier en potensiële president van die land, was klaskaptein totdat Callie Human hom in standerd 5 onttroon het. Hy moes ons altyd vertel hoe ‘n leier moet optree.
  • Johan Botha was die een wat perfek Engels kon praat (hy is vandag ‘n internis). Hy moes altyd stukkies in Engels vir ons voorlees.

Ja, die laerskool was net so interessant soos ons hoërskooljare.

Chris van Rensburg