Header Image

Abrie Senekal

Ek bly my hele lewe lank op die plaas Penrith in die Viljoenskroon-distrik. My pa is begin 1968 aan kanker oorlede en dus moes ek ná matriek gaan boer. In 1973 is ek getroud met Rosa. Uit die huwelik is twee seuns en twee dogters gebore. Ek het ook ‘n 20-jarige kleindogter.

In 1973 begin ek met my vliegopleiding. Ek het gedurende my 620 vliegure 2 noodlandings gehad. Die hoogtepunt van my vliegbelangstelling was ‘n vlug in die Concord van New York na Parys.

Ek het ook talle lugmagmuseums besoek, waaronder Ducksford in Engeland, National Air and Space Museum in Washington DC en die Deutches Museum in München. Die hoogtepunt was my besoek aan Oskosh in Wisconsin, Amerika.

Ek was aktief betrokke by die kerk en was leierdiaken en ouderling. Ek het in 1976 lid van Rotary geword en was twee keer klubpresident en twee keer Assistant-Distrikgoewerneur. Ek is nog steeds betrokke. In 2013 ontval Rosa my in ‘n motorongeluk. In 2015 tydens ‘n visvangekspedisie ontmoet ek my tweede vrou, Petro, van Hentiesbaai en word kitspa van vyf kinders en kitsoupa van ses kleinkinders. My stokperdjies is vliegtuie, lees, toer en gholf.
Ek is trots en dankbaar dat ek al die 1968-matrieks se mylpaalreünies kon bywoon.

< Back to our profiles