Header Image

André van Wyk

Ek het in 1969 my dienspligjaar by 3 SAI in Potchefstroom gedoen, waarna ek as tegniese beampte in die Department Bedryfsielkunde aan die Universiteit van die Vrystaat gewerk het. In dié tyd het ek deeltyds geswot en in 1974 die graad B Amin Honneurs in Bedryfsielkunde verwerf.

In 1975 is ek na Krygkor in Pretoria waar ek in die Menslike Hulpbronne-departement gewerk het. Daar is ek en my vrou, Kleintjie, in 1976 getroud.  In 1980 is ek na Kroonstad waar ek as persoonlbestuurder by Kroonstad-Wes Koöperasie gewerk en deeltyds op Kleintjie se plaas geboer het.

In 1992 is ek na Worcester waar ek met tafeldruiwe geboer en dit uitgevoer het. In 2008 het ek en Kleintjie Bettiesbaai toe getrek waar ons ons nou nog bevind. Ons besit die Bonheur Beskuit-bakkery en ek help my vrou met die vervaardiging en verspreiding van beskuit (groothandel).

Ek en Kleintjie het ‘n dogter, Jana, wat ‘n gektrooieerde rekenmeester is en klas gee aan die Universiteit van Stellenbosch.