Header Image

Anton (Kop) Louw

Ná my Grey-jare verwerf ek ‘n BSc-graad by Tukkies en werk vir vier jaar vir die staat.

Ek kry werk by Pannar-saadmaatskappy en werk vir 35 jaar vir dié maatskappy.  Ek was op Delmas gevestig.  Ek was vir veertig jaar getroud met Almita Venter (oud-Tralie). Twee kinders, Esme-Marie en Anton, is uit die huwelik gebore.

Ek woon nou op George, geniet my aftrede terdeë en het vir ‘n tweede keer ‘n nuwe liefde gevind.  Ek en Stella tree binnekort in die huwelik.  Ek het deur die jare gereeld tennis gespeel, maar ‘n heupvervangingsoperasie het dit tydelik tot stilstand gebring. Ek gaan binnekort vir ‘n tweede operasie wat my hopelik in staat sal stel om weer die raket te swaai.

< Back to our profiles