Header Image

Arnold Crous

Ek was van 1960 (standerd 2) tot 1968 op Grey, waarna ek aan die Universiteit Vrystaat geswot het. Ek het op die onderste sport van die leer daar begin werk as assistant-vakkundige beampte in die destyds pas-gestigte mediese fakulteit, tot by my aftrede aan die einde van 2016 as professor in Fisiologie.  Ek weet nou nog nie hoe dit met my beperkte IK gebeur het nie.

Ek is sedert 1972 getroud met Mariëtte (Swanepoel). Ons het twee getroude seuns, drie kleindogters en ‘n kleinseun. Ons was bevoorreg om vir ‘n hele aantal jare almal in Bloemfontein te woon.  Die oudste en sy gesin woon egter sedert Januarie 2019 in Melbourne, Australië.

Vir oefening dreig ek om te begin stap, maar kon nog elke keer ‘n verskoning uitdink.  Ek was ook bevoorreg dat die Universiteit ná my aftrede nog van my dienste gebruik wou maak, maar sedert einde 2019 het hulle genoeg van my gehad en is ek nou ‘n volwaardige pensioenaris.

Met meer tyd op hande by die huis is my nuutste uitdaging om uit my vrou se hare te bly voordat sy ook genoeg van my gehad het.

< Back to our profiles