Header Image

Bees van Blerk

Hy was ‘n lat van sixty-eight;
Te kort vir speel, te oud vir universiteit;
Die oproep vir die weermag was ’n goeie roep;
‘n draai by Parabats het hom vroeg versoek.
‘n Jaar daarna die staat laat sweet,
intussen ‘n skoolkys voor die kansel gesleep.

Sy hand probeer aan Romeinse reg;
Dit gou verruil vir kom-mer-siali-teit.
Twaalf jaar met Vyf Rosies rondgerits;
En Koffiehuis se boeretroos daarby.
Sy boerebloed sou lank gedy … en op die einde
Het hy net daar op die plaas gebly.

Sy naam is Bees, hy boer met vee;
Sy van, Van Blerk maar geen Bok se blêr.
Sy twee seuns geleer hoe werk die weer;
die bees se siklus en ‘n groeidieet.
Vier kleinseuns vat hulle eie pad;
‘n rigting wat hy nooit sou weet;
‘n kleinsus is sy hart se punt.

Sy beeste bly die alpha van sy bankbalans;
Omega is Rendezvous in die Oos-Vrystaat.
Nou keer hy terug om bande te hervat;
Na waar sy wortels het eens sterk gegroei.
Sy maters wag, hy sal hul sien;
Daar by die tuckshop aan Bloem se westekant.

< Back to our profiles