Header Image

Chris (PC) Hugo

Ná my jaarlange militêre opleiding in die Lugmag by Valhalla in Pretoria, keer ek terug na Bloemfontein waar ek by die Provinsiale Administrasie as assistant-sekretaris van die OVS Dorperaad werk.

In 1973 trou ek met my “Grey-ball girl”.

Van 1978 tot 1981 is ek sekretaris (stadsklerk) by die destydse plaaslike raad van Bainsvlei.  Daarna verhuis ek na Welkom/Hennenman waar ek werk by Anglo se President Brand-goudmyn as finansiële en kapitaal-rekenmeester.

In 1983 kry ek die geleentheid om met my eie vervoeronderneming, Hugo en Seun, Sand en Klip, in Bloemfontein te begin.  Ek het dié besigheid suksesvol tot 2015 bedryf toe my seun, wat in 1994 aan Grey gematrikuleer het, by my oorgeneem het.

Vandag boer ek op klein skaal op die plaas Bainsvlei 282 (saaiboedery en ‘n paar Bonsmara-beeste).  Ek en my Grey ball-meisie, Marthie, is vanjaar 45 jaar getroud. Ons het ‘n seun, drie dogters en agt kleinkinders.

< Back to our profiles