Header Image

Chris Pienaar

My grootste prestasie by Grey was dat ek die voorreg gehad het om daar te kon matrikuleer (weens die afstand tussen huis en skool kon ek ongelukkig nie my tennisloopbaan by Grey voortsit nie).

In 1969 is ek na 3SAI in Potchefstroom (korporaal).  Daarna is ek na die Bloemfonteinse Onderwyskollege vir vier jaar se opleiding, waarna ek vir agt jaar onderwys gegee het by onder meer Noordskool Sasolburg, Sasolburg Primêre Skool en Fauna in Blooemfontein.

In 1981 begin ek werk in die konstruksiebedryf by Crusader Siviele Ingenieurs, asook Peter Contractors (dorpsontwikkeling, paaie, infrastruktuur ens).  Ek was terreinbestuurder op onder meer Excelsior, Odendaalsrus, Bloemfontein, Thaba Nchu, Ladybrand en ook in Botswana.

Van 1994 tot 2008 was ek bestuurder by Kalkfontein Watergebruikersvereniging.  In 2009 begin ek my eie besigheid in tweedehandse meubels.  Van 2012 tot 2019 was ek bestuurder by die Koffiefontein-gholfklub. Het einde Augustus 2019 afgetree en is nou volgens my vrou “tuin-ingenieur, tuisteskepper, chef en weet ook nou hoe ‘n stofsuier werk”.

Ek is 35 jaar gelede getroud met Christa. Ons het ‘n seun, twee dogters en sewe kleinkinders. Vir ontspanning speel ek gholf.

< Back to our profiles