Header Image

Chris (Silence) Theron

Ek was ná skool baie opgewonde toe ek na die SAGD opgeroep is.  Ek het gedink dit is die SA Geheime Diens en dat ek ‘n James Bond in wording is.  Dit blyk toe dat dit die geneeskundige diens is.

Van 1970 tot 1973 het ek BA en HOD by Kovsies gestudeer, waar ek in Reitz-kamerwonings ‘n kamer gedeel het met Tom Ferreira, wat ook my “rooms” was op Clocolan-laerskool en op Grey.  Saam met ons in Reitz was tydgenote soos Mig Linström, Blackie Swart, Fred van Rooyen, Sydney (Wors) Badenhorst, Thomas Louw, Neels Wessels, Basil Dukas, Dirk Brink, Erasmus (Rassie) Smith en Charlie Pienaar.

In 1974 begin ek skoolhou op Ladybrand en trou aan die einde van daardie jaar met Bessie Pepler. Vier kinders is uit die huwelike gebore: Eduan, wat op Stellenbosch woon, Abie (Ermelo), Malize (Pretoria) en Hilde (Bethlehem).

Van 1976 tot 2000 het ek op Ladybrand geboer. In 1996 is Bessie oorlede en in 1997 trou ek met Ina de Waal. Sy het ‘n seun, Dirk, wat ‘n wynuitvoerder op Stellenbosch is.

In 2000 verskuif ons na Pretoria-Oos, waar ons op ‘n kleinhoewe verder boer en later onderverdeel en só in eiendomsontwikkeling betrokke raak. In 2009 kon ons nie verblyf vir ons seun in Stellenbosch kry nie en raak daar in studentebehuising betrokke.

In 2009 trek ons Stellenbosch toe waar ek steeds by eiendomme betrokke is.  Vir ontspanning speel ek gholf en tennis en ek maak so nou en dan ‘n draai by die gym.

< Back to our profiles