Header Image

Chris van Rensburg

Ná matriek is ek twee jaar weermag toe, waarna ek aan die Universiteit van die Vrystaat ‘n B.Sc-graad met Genetika, Mikrobiologie en Plantkunde as hoofvakke behaal. Ek verwerf ook ‘n B.Sc-honneursgraad met ‘n tesis wat gehandel het oor gis wat 30 meter diep in slik by die Gariepdamwal organiese materiaal omsit na etanol.

Ek het die patent verkoop aan Huletts en verwerf ‘n B.Sc-honneursgraad in molekulêre genetika met ‘n tesis oor die genetiese manipulasie van sorghum vir droëlandtoestande. Daarna vewerf ek die graad MB ChB (steeds by Kovsies) en is algemene praktisyn vir nege jaar.

Ek spesialiseer toe in infektiewe siektes, behaal die graad M.Med Path. en werk vir twaalf jaar as patoloog vir Pathcare in Kaapstad, waarna ek my eie patologiefirma in Bloemfontein begin. In 2018 tree ek af en verkoop die firma aan Lancet Johannesburg.

Vir ontspanning boer ek met wedvlugduiwe.  Ek doen ook skubaduik en is ‘n PADI (Professional Association of Diving Instructors) Master Scuba Diver.

My twee seuns was albei van van graad 1 tot matriek op Grey en my kleinseun is tans in graad 2 op Grey.

< Back to our profiles