Header Image

Dolf Erasmus

Ná matriek is ek na die Leërgimnasium op Heidelberg, waarna ek op Walvisbaai gestasioneer was.

Ek het vir ’n wyle as ’n skrynwerker dakke opgesit en deur Unisa begin swot voordat ek Potchefstroom toe is waar ek in 1974 die B.Juris-graad verwerf het.

Ek het as staatskaanklaer op Ladysmith, Natal, begin werk en deur Unisa die P.Prog-graad verwerf. Terselftertyd het ek my klerkskap as prokureur in Ladysmith voltooi. Nadat ek in die laat sewentigs as prokureur toegelaat is, het ek op Virginia, waar ek myself vandag nog bevind, begin praktiseer as prokureur.

Intussen het ek ook vir my ’n stukkie grond gekoop en op die “sideline” met beeste en lusernsaanplantings begin boer.

Ek het twee kinders by my eerste vrou: ’n dogter wat ’n prokureur is by die Hartbeespoortdam en ’n seun wat ’n elektroniese ingenieur in Nieu-Seeland is.  Ek en my huidige vrou, Franceska, het drie kinders. Louisa is ’n dokter in Kaapstad, Matthew ’n meganiese ingenieur in Centurion, terwyl die jongste een, Jonathan, my met die boerdery bystaan.  Ek het ook vier kleinkinders.

< Back to our profiles