Header Image

Eric (Sneis) Wolfaardt

Ná matriek het ek eers ingenieurswese geswot op Tuks. Toe oorgeslaan na regte op UOVS.

Ek het verskeie poste beklee by FNB-trustdienste oor die hele land, die laaste agt jaar as Streekshoof in Kaapstad.  In 2010 het ek afgetree.

Ek was getroud met Suzette, van wie ek sedert 2002 vervreem is. Ek het twee seuns, wat albei getroud is. Ek het ’n kleinseun en kleindogter.

Ek woon rustig op Jacobsbaai aan die Weskus waar ek skryf, skilder en lees.

Eric, wat ’n bobaas-klavierspeler op skool was, vertel my dat hy nooit weer ná skool aan ’n klavier geraak het nie. Eish! Tom Ferreira

< Back to our profiles