Header Image

Eugene Bekker

Ek was ’n baie gewone outjie wat elke dag net sy “job” gedoen het.

Ek is rustig ná 25 jaar van HOD, onderwyser en waarnemende hoof by Dale College Primary School in King William’s Town; Sterkstroom High School; GAP College in Queenstown; George Randall Primary School in Oos-Londen en Southernwood Primary School in Oos-Londen. Die skoolhouery het my amper oor die afgrond gedryf, veral met die nuwe “meneertjies” wat ’n mens nie kon regsien nie ondanks die verkeerde houding en gesindheid wat hulle op skool gehandhaaf het.

Die ander twintig jaar van my werkslewe was in die kommersiële/sakewêreld waar ek vir sewentien jaar in bestuursposte by Iscor, Edgars en Joshia Doore gewerk het.  Dan het ek ook vir drie jaar my eie onderneming (Personnel Agency and Staff Development), in die Durban-omgewing gehad.

Nadat ek in 2016 by my laaste skool, waar ek ook waarnemende hoof was, afgetree het, het ek na Parys in die Vrystaat verhuis en in Sally Martin Park Retirement Village kom woon.  Nou is ek heel rustig en so gelukkig soos ‘n vark in Palestina.

< Back to our profiles