Header Image

Gerrit (Jorrie) Jordaan

Ek was vir ‘n stuk of agt jaar op Grey – ‘n besonders goeie tyd in my lewe. Dankie vir die positiewe aandeel van al my maats daarin.

Ná skool het ek vir ‘n rukkie by die Reserwebank gewerk en uiteindelik by wat vandag as UJ bekend staan, elektriese ingenieurswese gaan studeer.  Na ‘n paar jaar in die industrie het ek as lektor by Sentrale Universiteit vir Tegnologie aangesluit.  Nadat ek nog bietjie in die boeke gekrap het, het ek later ‘n professoraat ontvang, Dekaan: Ingenieurswese en IT geword en het verlede jaar as Direkteur: Tegnologie en Innovering afgetree.

As ek vroeër geweet het dit is so lekker op pensioen het ek seker nooit begin werk nie!

Ek was met Christa getroud, maar sy is in 2011 in ‘n motorongeluk oorlede.  Tans is ek met Margaret getroud.  Saam het ons ses getroude kinders en agt kleinkinders wat oor die lengte en breedte van die land versprei is.

Ek doen houtwerk, bou seilskipmodelle en lees alles waarop ek my hande kan lê vir ontspanning.