Header Image

Graham Bickell

Begin werk by Standard Bank, Bloemfontein, ná matriek. Ná ses maande na lugmagbasis Valhalla vir militêre opleiding.

Liefde vir motors het my laat besluit om my ambag as motorwerktuigkundige by Williams Hunt, Bloemfontein, te voltooi, waar ek ook kennis gemaak het met die beroemde Chev Firenza Can-Am. Verdere opleiding in Mercedes Benz en Toyota het gevolg.

Intussen het ek kennis gemaak met die sport Vergooi (Distance Casting). Kry my Vrystaatkleure en twee keer Springbokkleure. Met ’n kompetisie in Holland het ek my beste afstand bereik van 221 meter.

Is in 1975 getroud met Alet. Drie kinders is uit die huwelik gebore, van wie een tweelingseuntjie op tweejarige ouderdom oorlede is aan ’n hartdefek.

Begin Ben-Toy Motors in 1986 met n vennoot. Was nege jaar in Secunda waar ek ’n meubelwinkel gehad het. Verskuif in 2004 die winkel na Kaapstad, waar my liefde vir die kunste weer opgevlam het.  Skilder met olieverf onder meer Bosveldtonele met Baobab-bome, sonsondergang- en dieretonele.

Woon tans in Bloemfontein waar ek kennis gemaak het met veteraanmotors en ’n 1946 Chev Fleetmaster gerestoureer het. Is tans besig om my Chev Firenza 2.5 GT te restoureer. Nog geseënd met goeie gesondheid.

< Back to our profiles