Header Image

Harold Verster

Op Vrede gebore – daarna was daar glo nie weer vrede nie!

Speel in 1962 vir Noordoos-Vrystaat onder 12 in Bloem teen Vrystaat. Dawie Snyman (vir Vrystaat), druk die enigste en wendrie. Daardie dag sit ons langs die veld en Mannetjies Roux druk sy beroemde drie byna reg voor ons!

My Grey-loopbaan het middel 1963 begin. Morné du Plessis was ons onder 14-kaptein. Ná matriek in 1967 kom ek middel 1968 terug vir ‘n beter “varsity pass”.

In 1969 is ek terug Lugmag toe, waarna ek by Saambou werk en deeltyds ‘n honneursgraad in Bemarking (1973) behaal.  In daardie tyd speel ek vir die Shimlas en Vrystaat. In 1973/74 was ek reserwe vir die Curriebeker-finaal en in 1974 was ek in die Vrystaatspan wat so byna-byna Willie-John McBride se Leeus geklop het.

In 1975 val ek by die UV se skakelburo in en in 1982 word ek Kovsies se Direkteur Bemarking. Ek was ook Shimla-voorsitter in 1986, President van die Vrystaat-rugbyunie in 1993 en voorsitter van die Grey Reunie vir vier jaar.

Word Besturende Direkteur van Vrystaat Cheetahs (Edms) Bpk in 2002, dié keer voltyds. Ek het in Desember 2021 afgetree as uitvoerende hoof van Vrystaat Cheetahs (Edms) Bpk en hou my nou besig met sakebelange.

Getroud met Erica Verster (nee Huebsch) en ons het drie kinders en vyf kleinkinders.

< Back to our profiles