Header Image

Hermann Leibbrandt

My filosofie was nog altyd om die lewe aan die keel te gryp en dit so ‘n bietjie rond te skud. Ek probeer dus hard om NIE ‘n loopbaan te bou nie en misluk telkemale bykans in my doelwit.

Ek reis om die wêreld met ‘n rugsak en verdien brood in meer as ‘n dosyn beroepe, waaronder vlootoffisier, stoker op stoomtreine, olie-smokkelaar (Rhodesië), mynwerker, loodgieter, vervoerbandmonteerder (Leyland), bootbouer (Australië), klerk, lektor in politiek en openbare bestuur (Unisa, Stellenbosch), Direkteur: Opleiding (Wes-Kaap), boer.

Akademies: BA (Hons) MA, Dotorale proefskrif (UCT) ingedien, maar ek weier om aanbevole veranderinge aan te bring. My voorspellings uiteindelik as reg bewys (kyk WorldCat Identities Leibbrandt).

Skoolprestasie: Beurs as mees veelsydige student 1967 Grey-Kollege: akademies, sport en kultuur.  Ek het die handleiding oor Militêre Bestuur vir die SAW geskryf wat ek by Unisa gebruik het om onder meer kolonelle op te lei.

Tydverdryf tans: politieke analise en aktivisme, Bybelstudie. Ander tydverdrywe toe en nou: vryval-valskerm, praktiese pistoolskiet, motorfietstoer , bergklim, “body surfing”.  Familie: vrou (Kelties) vier kinders (binne eg).  Noemnaam op skool: Herrie. Noemnaam deur vrou: Rob. Bynaam deur my studente: Moemfie (die klein bliksems)!

< Back to our profiles