Header Image

Isak (Sakkie) Saaiman

Ek het ná my Grey-jare by die Lugdiens in Bloemfontein aan die adminkant begin werk.  Ek het toe my jaar diensplig in die Vloot gedoen, waarna ek terug is Lugdiens toe. Ek is later met bevordering na Kaapstad verplaas en van daar na Johannesburg, waar ek dataverwerking en programmering gedoen het.

Ek het as gevolg een van my dogters, wat allergieë ontwikkel het weens die Hoëveldse klimaat, versoek dat ek terugverplaas word Kaap toe.  My aansoek is geweier en ná twintig jaar by die Lugdiens het ek bedank.  Ek woon sedert 1988 in Swellendam waar ek motors, bakkies, vragmotors (en vroeër ook trekkers), verkoop.

Ek is reeds 44 jaar getroud met Cheryl.  Ons het ’n seun wat bestuurder is van Midas in Swellendam en Bredasdorp, en twee dogters wat onderskeidelik in die Paarl en in Bloubergstrand woon.  Ons het ook vier kleinkinders.

Ek is lief vir houtwerk, wat ek vir ontspanning by die huis doen wanneer ek tyd kry.

Isak is op 8 September 2018 oorlede.   Ons innige simpatie met Cheryl, die kinders en kleinkinders.  — Tom Ferreira

< Back to our profiles