Header Image

JJK van der Merwe

Ek was vanaf standerd 6 (vandag graad 8) op Grey Kollege.   My noemnaam was “JJK”.  Op skool het ek skaak gespeel en was ek lid van die kadetorkes.

Ná matriek het ek die Grade BA, BA (Hons), MA en die Hoër Onderwysdiploma aan die Universiteit van die Vrystaat behaal.  Ek was ’n onderwyser by Grey vanaf 1977 tot 1985.  My vakgebied was Afrikaans Eerste Taal en Geskiedenis.  Ek was ook Senior Dosent en Vakhoof by die Durbanse Onderwyskollege (Vakgebied Bybelkunde), van 1986 tot 1997.

Ek het ook skool gehou by Brebner High, Christian Brothers College, Hoërskool Boshof en Grosvenor Boys High in Durban.  Verder het ek by die Vrystaat Kinder- en Jeugsorgsentrum as onderwyser gewerk.  Ek werk tans by die Demokratiese Alliansie se skakelsentrum in Bloemfontein.

Ek is getroud en woon nou in die nuwe gedeelte Aandrus in Bloemfontein.  Ek het drie kinders: twee seuns (die oudste was ook op Grey), en ’n dogter.  My oudste seun is ’n elektroniese ingenieur in Johannesburg en die jongste is in Australië.  My dogter is ’n skrywer by Huisgenoot (Media 24) in Gauteng.

My stokperdjies is musiek, skaak, Bybelnavorsing en geskiedenis.

< Back to our profiles