Header Image

Johan de Klerk (Klarkie)

Op skool een van die stiller manne.  Siviele ingenieurswese aan Tuks geswot en daarna werksaam by die Departement van Waterwese.

In 1991 deur die Minister van Waterwese aangestel as Hoof-Uitvoerende Beampte van die Bloem Area Waterraad in Bloemfontein om daarna in 2004 deur ’n proses van regstellende aksie vervang te word met ’n nuwe Hoof-Uitvoerende Beampte.

Ek was daarna gesekondeer deur die Nasionale Tesourie om as Tegniese Adviseur die nuut-ontwikkelde “Infrastructure Delivery Management System”(IDMS) in die Noordwes Departement van Gesondheid uit te rol en sodoende verbeterde infrastruktuurprosesse in plek te stel. Ek werk steeds as gesekondeerde adviseur (konsultant) in die Department as hoof van infrastrukuurbeplanning, implementering en monitering.

Getroud met Rika (Saunders), my tweede huwelik, en ons het tussen die twee van ons twee getroude seuns, twee getroude dogters, ’n ongetroude seun en ’n ongetroude dogter. Ons is geseënd met nege pragtige kleinkinders.

Ons het vir vyftien jaar in Mahikeng in Noordwes gewoon waar ons albei ’n geweldige positiewe bydrae gelewer het, voordat ons in Maart 2020 terug verhuis het Bloemfontein toe.

< Back to our profiles