Header Image

Johan du Preez Smith

Johan (ook bekend as Smittie, Du Preez, De Poep, Dok).

1964: Kaptein van die onder 14e-krieketspan (rede: enigste persoon wat op laerskool krieket gespeel het). 1968: Dux-medalje (rede: pa het die vooruitsigte van die nadele van ’n werkersklasloon oortuigend oorgedra nadat ek 25 ste in die klas was in die eerste kwartaal in matriek).

1969:  Vakansie op staatsonkoste (Vloot, Saldanha, Durban en Gordonsbaai).

1970-73:  Ingenieurswese UCT. Nog in goeie koloniale atmosfeer met bediendes wat bed opmaak en waar ’n akademiese toga verpligtend was vir etes (en dus niks anders onderaan nie as jy laat slaap en nie ontbyt wil mis nie).

1977:  Werk in Frankryk op ’n konstruksieterrein naby Avignon en ry met my geel 2CV Citroen (die luukse-model met die 600cc tweeslag-grassnyerenjin) om die Arc de Triomphe.

1980-1992: Eerste huwelik, produseer drie kinders. 

1995 tot op hede: Tweede huwelik.  Kry pakket (vrou met drie kinders, moet aanbou om almal te huisves en skaf kombi aan om ses kinders na vyf verskillende skole aan te ry).

2016: Tree af nadat ek vir dertig jaar Finansiële Bestuur MBA studente by Stellenbosch Bestuurskool doseer het.

2018: Gee steeds deeltyds klas oor finansiële markte by Bestuurskole in Frankryk, België en Spanje en doen nog so bietjie eiendomsontwikkelling.

Hedonistiese bedrywe (bergfietsry en ski), kry egter meer aandag as voorheen.

< Back to our profiles