Header Image

Johann (Sog) Steyl

In 1969 is ek Potchefstroom Landboukollege toe. Elke jaar drieweke-kommandokampe tot 1974 gedoen.

1970 tot 1974: geboer naby Thaba Nchu.

Oktober 1974: Rhodesië toe getrek. Van Oktober 1974 tot 1980 was ek betrokke in die Rhodesiese oorlog. Geboer tot 2001 toe die plase onteien is. Intussen was ek “grower of the year ” vir sojaboontjie en het ek die prys gewen om die 10 Ton-klub te maak met mielies.

Was ook runner-up vir Cattleman of the Year.  Nadat die plaas gevat is, het ek ’n Kapenta-besigheid in Kariba begin tot 2017. Ek het toe ’n bestuurder daar aangestel en boer weer in Matabeleland-Suid.

Johann is op 1 Julie 2019 op sy plaas oorlede, minder as ses maande ná sy vrou, Marié.

Tom Ferreira

< Back to our profiles