Header Image

Koos Swanepoel

Direk ná skool is ek weermag toe waar ek dan ook uiteindelik as ’n offisier diens gedoen het.

Ná my weermagdae het ek die Bankwese betree en in verskeie bestuursposte in Bloemfontein, Kimberley, die Vaaldriehoek en Pretoria gewerk. Ná 40 jaar in die korporatiewe lewe het ek in 2010 by WesBank in Gauteng afgetree.  Ek woon sedert 1998 in Pretoria.

Ek en my vrou, Elize (Oranje Meisieskool), is in 1975 getroud.  Ons het ’n seun, twee dogters en vier kleinkinders.

Gedurende my werksjare in Bloemfontein het ek die voorreg gehad om sewe jaar in Grey se Nasionale Reüniekomitee te dien. In 1995 was ek die voorsitter, wat my dan ook ’n sitplek gegee het op die bestuursliggaam van die skool.

Gedurende 1995 het my seun ook vir die skool se eerste rugbyspan te speel. Hy het sy graad daarna op Kovsies voltooi. Ons is bevoorreg dat albei ons dogters goeie akademiese kwalifikasies by Tukkies behaal het.

Nou, ná aftrede, vat ons die lewe rustig, geniet die kleinkinders (wat om die draai bly), en reis gereeld.

< Back to our profiles