Header Image

Kroes Smit

Ek was n doodgewone, baie gemiddelde ou gewees op ’n baie bakgat skool. Sal ek ooit my dae in Leithhuis vergeet! Bietjie rugby, swem, skiet, ens. Ongelukkig geen snoeker en darts.

Ná skool: All Air en NO FORCE (SA Lugmaggimnasium).

BSc UOVS en daarna na-graads by Tuks.

Boer nog al die pad (wat ’n groot voorreg!)

Vier seuns wat almal op Stellenbosch gestudeer het.

Raak bietjie oud vir gholf. Ry motorfiets saam met van die seuns en verken die berge en agterpaaie en sommer die hele wêreld met die GS-fietse. Dink met heimwee terug aan my skooldae en al my vriende.

< Back to our profiles