Header Image

Lindsay Mould

Ek het in 2014 ná 23 jaar as hoof by Grey Primêr die tuig neergelê.

Vanaf 2011 tot 2017 was ek President van die Vrystaat Rugbyunie en is trots daarop dat Vrystaat in daardie tyd (2016) die Curriebeker gewen het.

In 2018 word ek lid van die Uitvoerende Bestuur van SA Rugby, ‘n posisie wat ek DV tot in 2022 sal beklee.

Nog iets waarop ek uitermate trots is, is dat my seun Kenneth in 1998 skoolkaptein van Grey was en my dogter, Liza Anne, in 2000 onder-skoolkaptein van Eunice High School. Kenneth het ’n doktorsgraad in die Regte verwerf en Liza Anne, wat ook ’n draai by ’n regsfirma gemaak het, is PA van van Eunice se skoolhoof.

< Back to our profiles