Header Image

Lou van Wyk

Ná ’n paar “eerste jaars” het ek MBChB in 1976 behaal, waarna ek vir twee jaar Weermag toe is (1978 en 79).

My belangstelling in ortopedie het daartoe gelei dat ek in 1986 vir die graad MMed gekwalifseer het.  Ek het op ’n paar paar plekke gewerk, waaronder Kanada, en ’n privaatpraktyk in 1988 in Pretoria begin, wat ek nog steeds het.

Ek is in 1976 getroud met Erika Volker en ons het twee dogters en ’n seun.  Hulle is nog almal in Suid-Afrika: twee in Pretoria en my dogter, wat met ‘n WP-man getroud is, in Blouberg, Kaapstad.  Ons het ook vier kleinkinders (drie seuns en ’n dogter) en nog twee op pad, hopelik teen November.

My kinders het almal ’n goeie werk en hoef gelukkig nie op hul pa te steun nie.  Ek probeer nog gholf en tennis speel, bly rustig in Pretoria en probeer nog om die Blou Bulle te ondersteun, maar hulle maak dit vir ’n mens moeilik.  Dit is baie makliker om vir Grey teen Affies te skreeu met al die Affies om my!

< Back to our profiles