Header Image

Mig Linström

In 1973 getroud met Pat (Fisioterapeut). Ons het drie kinders: Liesl (Taalpraktyk en LLB) wat in Nieu-Seeland woon; Michelle Linström (projekbestuurder by SKY TV in Nieu-Seeland), en Michael (B Sc Genetika asook mediese graad), wat in Kaapstad woon. Michael was van sub A tot matriek in Grey en was in 2003 Matrikulant van die Jaar. Ons het ook agt pragtige kleinkinders.

Ek was vir drie jaar op UOVS in Reitz-kamerwonings (waar ek die eerste week uitgevind het ek is die ou teen wie my ma my gewaarsku het), en het op die treine gestook om my aan die lewe te hou. Was kaptein van Reitz se rugbyspan en het in 1974 saam met die Shimlas na Europa getoer. Was ook daarna kaptein van Stadshuis.

Werk drie jaar by Bantoe-administrasie en drie jaar by Mike Pieterse. Vier jaar by Gilbeys en het ook ‘n Tattersals-lisensie bedryf. Vier jaar as ‘n finansiële konsultant en 25 jaar by Gesondheidsdienste, waarvan ek veertien jaar Registrateur was van die Free State School of Nursing. Direkteur vir 10 jaar by ‘n ontwikkelingsmaatskappy in Rheebok in die Kaap.

Afgetree by Gesondheidsdienste in 2009 en bly die afgelope ses jaar by Groenkloof Rheebok Aftree-oord naby Groot Brakrivier.

< Back to our profiles