Header Image

Mike du Toit

Ek het my diensplig aan die Lugmaggimnasium voltooi en my handelsvlieënierslisensie in 1973 geslaag. Trou in 1974 met ‘n skoolkys uit Tralies, Elaine Truter.

Vlieg as “coperate pilot” tot 1977, waarna ek met lugbespuiting by die destydse VETSAK begin. Doen diens as Hoofvlieënier die laaste 5 jaar by hulle, voordat ek by by CELAIR as besturende direkteur aansluit.

Ek begin met opleiding as kunsvlieënier onder leiding van die destydse wêreldkampioen, Peter Celliers. Geniet kunsvlieg, lugbespuiting en brandbestryding vir vyf jaar voodat ek my eie ondernmeing, Celfire, stig en voortgaan met wat ek geniet.

In 1999 verkoop ek die vliegtuie en begin as hoofvlieënier by Xcalibur Airbourne Geophysics, waar ons laevlak-geologiese opnames doen oor Afrika.

Ná 25 000 genotvolle vliegure tree ek in 2017 uit die vliegbedryf. Ek geniet vandag my lewe saam met my gesin. Ons het ‘n seun, Michael, wat al 18 jaar vlieënier is by SAL, 20 km van my af deeltyds boer en getroud is met ‘n eertydse lugwaardin.  Ek het ook ‘n gegradueerde dogter, Yolandé, wat getroud is met ‘n veelsydige boer en 20 km van ons woon. Ek het ook vier kleinkinders.

Ek is sedert 1974 getroud met my beste pêl, Elaine. Ek staan haar nou by met akkommodasie en haar kleinwild-onderneming.

< Back to our profiles