Header Image

Piet Ferreira

Ek was bevoorreg  om van 1964 tot 1968 op Grey te wees.  Ek was bietjie ouer as my klasmaats en het daarom die Kommandodiens bo die jaar diensplig verkies.

Ek het by die Vrystaatse Universiteit Landbou geswot. Daarna vir ‘n paar maande by  die Departement Landbou in Bophuthatswana  gewerk en toe plaas toe in die Bultfontein-distrik om my lewensdoel en passie uit te leef. Ek geniet dit nog baie en is bevoorreg om voltyds  saam met my seun en skoonseun  te boer.

Ons boer met mielies, koring, sojabone, pekanneute, beeste en skape. Ek hou daarvan om innoverend te wees en te dink en beproef gereeld nuwe tegnologie. Dit hou my kop oop en gesond!

Ek is getroud met Marianne (Malan) en ons het vier kinders (ons jongste seuntjie, Malan, is in die hemel), en agt kleinkinders. Ons is bevoorreg dat al ons kinders binne 30 km van ons woon. Ons is baie betrokke by ons kleinkinders en geniet hul grootword terdeë.

Ek het laat in my lewe gholf ontdek, maar geniet dit baie as ontspanning.

< Back to our profiles