Header Image

Piet Mouton

Ek het ná skool by Tukkies gaan studeer. Terug in Bloemfontein het ek vir net meer as dertien jaar as ‘n tandarts gepraktiseer, waarna ek gespesialiseer het en vir byna 28 jaar as prostodontis, steeds in Bloemfontein, gepraktiseer het.

My en Deirdré se kleinkindertal staan tans op ‘n gelukkige sewe terwyl albei ons dogters en hulle gesinne hulle in die buiteland gevestig het. Ons vier seuns en hulle gesinne is gelukkig in Suid-Afrika.

Ek is nou amptelik ‘n uit-getredene (maar nie heeltemal ‘n afgetredene nie), wat bevoorreg genoeg is om geroeste belangstellings en stokperdjies te kan afstof en rustiger menswees te herontdek.

< Back to our profiles