Ná matriek by Tukkies in Pretoria gaan studeer. Terug in Bloemfontein ná my dienspligjaar, praktiseer ek vir net meer as dertien jaar as ‘n algemene tandarts.
Toe is dit terug Tukkies toe vir vier jaar, om te spesialiseer. Hierna het ek die voorreg gehad om twee jaar as senior lektor in die department van Herstellende Tandheelkunde se nagraadse afdeling te doseer en om met ‘n deeltydse spesialispraktyk te begin. Ek praktiseer daarna voltyds as ‘n prostodontis vir 28 jaar, weer in Bloemfontein.
Met my en Deirdré gaan dit goed. Die kleinkindertal is al nege, terwyl net een van ons dogters en haar man nog in die buiteland is.
Ek is tans steeds ‘n amptelike uitgetredene (maar nie heeltemal ‘n afgetredene nie), in Bloemfontein en bevoorreg genoeg om geroeste, sowel as nuwe belangstellings en stokperdjies te kan afstof, beoefen en te geniet.