Header Image

Roger Frewen

Ná skool het ek die verpligte tydperk in die Weermag deurgebring waar ek gevorder het tot die rang van sersant en die nodige tydperk aan die grens deurgebing het.

Ek wou graag gaan boer, maar weens erge droogtes in die 70’s het ek op Grootfontein Landboukollege studeer waar ek as Dux-student aangewys is en die geleentheid gebied is om verder in Amerika te gaan studeer. Ook bevooreg om Grootfontein se eerste rugbyspan te kon verteenwoordig onder aanvoering van die destydse Springbokkaptein, Hannes Marais.

Ek is sedert 1971 betrokke in die veeartsenybedryf, in 1991 ons eie maatskappy, Antrovet Animal Health, gestig en geniet steeds die betrokkenheid met boere, hul suksesse en hul uitdagings.

Ek is in 1974 getroud met Myra. Ons is die trotse ouers van vyf kinders en vele kleinkinders. Weens my werk het ons wyd deur Suid Afrika getrek en spog daarmee dat ons kinders in vyf verskillende dorpe gebore is!  Min dele in ons land is dus onbekend vir my.

Ons woon in Benoni, ek werk steeds in die familiebesigheid en hou myself besig met ons geestelike verantwoordelikheid. As stokperdjie boer ek met ‘n verskeidenheid spesies papegaaie en geniet gereelde besoeke aan die Kruger-wildtuin.

< Back to our profiles