Header Image

Rudolf Schörnborn

Ná skool is ek vir ‘n jaar se dwangarbeid na 1SAI in Pretoria, waarna ek sielkunde by Kovsies geswot het.  Ek het egter gou besef my eie kop sal uithaak as ek met ander mense se koppe probeer smokkel en het opgeskop.

Ek het toe ‘n paar jaar by oliemaatskappye, onder meer Mobil en Caltex, gewerk voordat ek as administratiewe bestuurder by OK Bazaars gewerk het. Daarna het ek ‘n draai by ‘n Sasol-depot in Alberton gemaak, maar toe besluit om my eie potjie te krap.  Ek het saam met ‘n vennoot ‘n plaveisel-onderneming op George begin, maar die ekonomiese knyptang het meegebring dat ons die onderneming moes toemaak.

Ek is terug Bloemfontein waar ek ‘n tuindienste-onderneming begin het.  ‘n Swamsiekte (ek was allergies vir ‘n sekere soort plant), het my genoop om die besigheid te verkoop.

Ek het na masjienery oorgeslaan en onder meer grassnyers herstel en verkoop. Vandag werk ek vir my seun, Ian, wat in die motorbedryf is.  Ek help om motors wat teruggeneem is, te herstel en padwaardig te kry.

Ek en my vrou, Hettie, is in die tagtigs getroud. Ons het twee kinders en ‘n kleinkind.

Die groot man met die sagte hart is op 20 Augustus 2021 ná ‘n operasie oorlede. Tom Ferreira

< Back to our profiles