Header Image

Schalk Cronje

Was van Sub-B op Grey omdat daar nie plek in my Sub A-jaar was nie.

Ná skool het ek op Kovsies B Com gaan studeer:  eerste jaar redelik gegaan, tweede jaar meer musiek gemaak. Toe maar die arbeidsmark in 1971 betree en met aandklasse my graad voltooi terwyl ek my staatsdiensbeurs se verpligtinge afgewerk het.

In 1973 by Burroughs Machines begin met verkope van rekenaars (toe nog ‘n vreemde ding).  Sluit in 1975 in Kimberley by Sanlam as verteenwoordiger aan en beland in 1980 in Bellville by die hoofkantoor ná ‘n draai as takbestuurder in De Aar.

Mis my droom om op vyftig af te kan tree met twee jaar, maar koop grond in Hopefield en begin in 2003 met ‘n boerdery – iets waarvan ek niks geweet het nie!  Bly nog steeds in Hopefield en is steeds met my “bestaansboerdery” besig.  Teen die tyd weet ek darem al waaroor om te kla (soos droogte, insetkoste, arbeidsprobleme en plaasbesettings).  Beleef op die oomblik van die beste tye van my lewe met ‘n rustige bestaan en goeie vriende en familie.

In 1972 getroud met Anita Muller.  Ons het twee seuns, ‘n dogter en vier kleinkinders.  Ek is aktief betrokke in die gemeenskap by onder meer die kerk, sportklub en landbouvereniging.

< Back to our profiles