Header Image

Theuns Steyn

Toe ek my 50 cc-Honda in 1966 gekry het, het die geskiedenisonderwyser, Hennie (Matroos) Marais, my gewaarsku dat ek nou éérs gaan sleg doen op skool. Dit was die aansporing wat ek nodig gehad het en het daarna my skoolloopbaan tot die tevredenheid van my verbaasde ouers afgesluit.

Ná skool is ek Kovsies toe, het Latyn en regte studeer, daarna klas gegee aan die universiteit en toe die prokureurspraktyk betree. Ek is 1974 met Elize Horak getroud, wat ook ‘n regstudent (en Joolkoningin!) aan Kovsies was. In 1976 het ons ons in Kaapstad gevestig.

Aan die einde van die 1970’s is ek Londen toe om vir ‘n internasionale skeepsregfirma te werk. By my terugkeer was ek vir twintig jaar die enigste Afrikaanssprekende praktiserende skeepsregprokureur in die wêreld.

Ek is tans ‘n senior vennoot in die korporatiewe afdeling van ENSafrica, na bewering Afrika se grootste regsfirma. Ek spesialiseer in korporatiewe samesmeltings en verkrygings. Ná dertig jaar as ‘n advokaat en senior advokaat is Elize aangestel as ‘n regter van die Hooggeregshof te Kaapstad, ‘n posisie wat sy tans nog beklee.

Ons het twee dogters, ‘n laatlamseun en een kleinseun. Ek en Elize is entoesiastiese fietsryers, beide op die pad en op die berg. Laasgenoemde doen ons gereeld, aangesien ons aan die hange van Tafelberg woon.

Ek boer met groente in my tuin in Oranjezicht en gaan nog gereeld na die familieplaas Onze Rust buite Bloemfontein waar ons ‘n Bonsmara- en lusernboerdery het.

< Back to our profiles