Header Image

Thomas Louw

Ek was saam met die ander twee Thomasse in die klas.

Ek het by die Gevangenisdiens in Bloemfontein gewerk terwyl ek geswot het en is later oorgeplaas na Kroonstad Opleidingskollege.

Daarna het ek Skeinat begin gee by die Tegniese skool op Kroonstad en later Skeinat-departementshoof geword. Dit het ek gedoen tot en met ek en my vrou se gepakketteerde aftrede in 1993 op ouderdom 43 jaar.

Ek het drie seuns van wie twee uitvoerende CAs is in die korporatiewe lewe. Die ander een is ‘n IT-entrepreneur wat op ouderdom 37 soort van afgetree het en sy passie (bergklim) uitlewe. Ek is getroud met Hendri van Deventer en ons het drie kleinkinders (twee dogtertjies en ‘n seuntjie). Ek trap hoog as ek by hulle is.

Ek het vir baie jare mikroligtevliegtuie en sweeftuie gevlieg. Ek hou van goeie rooiwyn en lekker kos wat ek self voorberei. Ek gaan gereeld Krugerwildtuin toe, “cash flow permitting”.

Die hoogtepunt van my lewe was toe ek in 1993 uit die rat race geklim het.

< Back to our profiles