Header Image

Thys Wessels

Ek het in 1964 by Grey beland as ‘n Engelssprekende newpoep van Clifton Preparatory School naby Nottingham Road in Natal. Ek dog ek sou in die Engelse baan wees, maar my ouers het besluit ek moet weer leer Afrikaans praat en van toe af sit ek in die vrot ry in die Afrikaanse klas.

​Het so bietjie krieket gespeel, geswem, lewensredding gedoen en vir die Peaches voorry gespeel.​ Het in ‘68 die spiesgooi gewen. Was in matriek prefek in Murrayhuis. My grootste prestasie was dat ek nie geskors is nie.

Vloot toe in ‘69. Daarna Tukkies toe waar ek uiteindelik die graad Bsc (QS) verwerf het. Drie van ons stig die firma Boshoff, de Villiers en Wessels Bourekenaars.

In 1983 sluit ek by die Spur-groep aan en maak die eerste steakhouse in Pretoria oop. Daarna nog verskeie Spurs en Hard Rock Cafes. Tans een oor.

So 25 jaar gelede begin boer met skape en beeste in die Vrede-distrik. Toe ons Hermanus toe trek, het ek die grond en vee verkoop.

Getroud met Marlien (nee Gerdener). Ons het twee seuns, Matthys en Theo, ‘n dogter, Martmarie, en twee kleinkinders. Hoewel ons in Pretoria gewoon het, is al ons kinders Grey en Eunice toe.

Tans semi-afgetree en woon al so sewe jaar in Hermanus.

< Back to our profiles