Header Image

Tommie Cronjé

Van my leefjare het ek 62 by Grey Kollege spandeer. No wonder I am so GREY!

Vanaf 1950 tot 1954 in Leith Huis gebly waar my pa inwonende onderwyser was en toe in Brill Huis waar hy later huisvader was. Terwyl ek aan Kovsies studeer het, het ek by my ouers in die prinsipaalswoning gebly. Weermagopleiding by die leërgimnasium in Heidelberg voltooi (1969) en toe twee jaar Engels en Duits gegee by die Rooidakskool in Boshof.

In 1976 I started my teaching career at Grey where I retired at the end of 2015: forty wonderful and rewarding years! I coached cricket and badminton and was privileged to work under my dad until he retired in 1979. To have taught with my brother, Koos, and my son, Marcel, is something which I will always cherish.

Ek en my vrou, Esmarie, het twee kinders. Marcel gee Afrikaans by Grey en rig krieket en hokkie af. Hy is getroud met Marnie, wat ‘n wiskunde-onderwyseres is … by Grey! Estine, ons dogter, is getroud met ‘n oud-Grey, Duan Pienaar, en sy werk in die Reüniekantoor.  Hulle is die ouers van ons enigste kleinkind.

Van die grootste vreugdes in my lewe is dat ek vir sestien jaar kon deelneem aan go-kart wedrenne en musiek maak deur al die jare. Speel gholf, pluimbal, maak bietjie meubels en probeer plekke besoek waar ons nog nie was nie.

< Back to our profiles