Header Image

Willem (Mof) van der Westhuizen

As ‘n stadskind mis ‘n mens die koshuiskameraderie. Nogal spyt daaroor!

Rugby vir die Cherries, krieket vir die derde span en skyfskiet. Later kleiteikenskiet en voorsitter van Maccauw-kleiteikenklub vir vier jaar.

Weermag te Walvisbaai in 2SAI. Dit was groot pret. Daarna universiteitsopleiding by Kovsies deur die ranks deur die jare tot professor en departementshoof by Geologie vir vyftien jaar.

Betrokke by die ontwikkeling van Woodland Hills Wildlife Estate buite Bloemfontein. Voorsitter van die huiseienaarsvereniging vir 4 jaar.

Maryna (Erasmus) nog steeds met my getroud en ons het drie seuns uitgebroei: een in Kanada, een in Tanzanië en een in Piet Retief. Ek bedoel almal is hier uitgebroei en het eers later versit. Sover vier kleinkinders, maar watch this space.

Nog deeltyds by die UV betrokke en bly steeds in Bainsvlei. Ander pieke in my lewe sluit in kano met die Oranjerivier af, agter grootwild aan in die Zambezivallei en tiervisvang in die Kilomberorivier in die Selous. En natuurlik die Namib!

Doen houtwerk vir ‘n stokperdjie. Kyk ook nog klippe, dan ook lees en enige interessanthede wat oor my pad mag kom!

< Back to our profiles