Header Image

Willem Slabbert

Julle sal my moontlik onthou as die skaam, teruggetrokke seun wat in die Bybelklas gehakkel het as ons so in die ry afkom en elkeen ‘n paar verse moes lees. Middel Std 9 by klas 10b aangesluit. Stad gewoon. Swart/grys Honda 50cc gery.

Een van vier wat nie die eindeksamen gemaak het nie (simbole DEFFGG). Hereksamen in Februarie deurgekom sonder vrystelling (DEFFE met G vir Duits). Met blink akademiese toekoms aan skerwe, die bankwese betree. Weermag 1970 voltooi. Verlief geraak op Alice (Jim Fouche), wat my ongelukkig uitlos in 1971. Betree verskeie beroepe: mynwerker in Welkom, Spoorweg in Bloemfontein (leerling-assistentstoker), taxidrywer in Walvisbaai.

Wag vir 23 en universiteitsvrystelling op grond van ouderdom. BSc UOVS 1974 tot 1976. Werk op ‘n myn in Australië (1977). Medies 1978 tot 1982 (UOVS). Huisdokter Barberton (1983). Praktiseer op Excelsior in die Vrystaat (1984 tot 1993). Vlug na Kanada in 1993.

Huidig in Camrose, Alberta, ‘n uur vanaf Edmonton. Werk voltyds as GP konsultant vir Palliatiewe sorg, chroniese pyn en spesiale belangstelling in bejaardes. Aftree nog in verre toekoms.

Eerste vrou oorlede na 30 jaar. Gaan haal vir Alice (van Jim Fouche) en trou in 2010.  Twaalf kleinkinders saam.

< Back to our profiles